Media
Boekbekendstellings: Kaapstad en omgewing
Boekbekendstellings: Pretoria
Lof vir Die geskenk – Liefde, selfdood en dieper leef
“Rust is in voeling met haar emosies en kan dit uitstekend verwoord; die hartseer, vertwyfeling, die woede, selfs die verligting; dat sy pyn uiteindelik verby is . . . Maar bowenal is dit ’n onneersitbare, aangrypende outobiografie.”
– Deborah Steinmair, boekeredakteur van Vryeweekblad.
“Kollega Riette Rust se storie is een van die mees inspirerendes wat ek al moes dek. Sy het haar twee liefdes verloor. Hierdie boek is vir almal wat ook so opeenvolgens moes rou. Dis ’n boek vir mense wat saam met geliefdes moet lewe wat met psigiese siektes worstel. Mense wie se lewe jy dalk met Riette se hulp kan red.”
– Pieter van Zyl in Huisgenoot.
“Ek kon jou boek nie neersit nie. Dis ongelooflik goed. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ’n boek so geniet het nie . . . Jy sal ’n great sielkundige wees . . . Baie dankie vir jou geskenk aan my.”
– James Scott, Suid-Afrikaanse sielkundige wat in Australië werk.
“Ek is jou oneindig dankbaar vir hierdie boek. Jy was nie tevrede om bloot net te oorleef nie; jy het betekenis gaan soek totdat jy dit gevind het.”
– Anschen Conradie, boekkommentator en staatsaanklaer.
“Die uitdrukking ‘the show must go on’ word ’n hele paar keer in Die geskenk genoem en dit kenmerk die innerlike krag waarmee Rust haar lewe en terugslae aanpak. Dinge gebeur met haar wat die meeste mense sal platslaan, maar hierdie mooi klein blondie met die rooi lippe en die warm hart vat die lewe tussen haar haelwit tande en skud hom.”
– Trisa Hugo, vryskutresensent, Die Burger.
“’n Verhaal wat jou meesleur tot in die binnekamer van die skrywer se hart. ’n Boek oor trauma en transformasie en hoop.”
– Juliana Coetzer, sielkundige en resensent.
“Vandag gekoop by Exclusives in George, laaste een op die rak! Die klerk by die toonbank sê hulle sal weer moet bestel. Die boek vlieg blykbaar van die rakke af, sien uit om te lees!”
– Jeanette Andrews, leser.
“Ek het die boekuittreksel in Beeld gelees. So hartseer. En so mooi geskryf. Ek gaan beslis die hele boek lees.”
– Tanya Botma, leser.
“Maar ek dink Die geskenk wat as 'dapper' en 'inspirerend' beskryf word en tot dusver heelwat lof uitgelok het, is los hande haar beste boek. Nie net omdat dit met soveel emosie en empatie geskryf is nie, maar ook omdat dit leersaam is en mense wat dieselfde belewenisse gehad het, kan help met die wete dat jy nie alleen is nie. Dis normaal om soms te voel soos wat jy voel, is die boodskap.”
– Carla van der Spuy op LitNet.
“Die geskenk (is) ’n waardevolle bydrae tot die literatuur oor ’n wydverspreide tragedie van ons tyd. Maar ook vir diegene wat rou in ander manifestasies teëkom of beleef, is hier ’n padkaart na heelword.”
– Johannes de Villiers, skrywer en joernalis in Rapport.