top of page
Boeke
Die geskenk
Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontstellende, diep menslike en soms selfs skreeusnaakse ware verhaal. Van haar kinderjare in die Paarl – meestal gelukkig, maar daar is haar pa se alkoholisme, en later vind sy veel erger oor hom uit – en haar huwelik met JD, die onbeplande swangerskap en nageboorte depressie, JD se siekte, verslawing en dapper herstel, tot die oggend toe Riette kombuis toe stap om koffie te gaan maak en haar man bebloed op die vloer aantref. JD het homself met sy haelgeweer geskiet.
Ek! Ek! Ek!
Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe. Maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltyds aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.
Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis te doen het. Of dalk self een is.
Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en te hanteer. Dit sluit in vroeë waarskuwingstekens, al die eienskappe, asook ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy met ’n narsis te doen het. Of dalk self een is.
Flesh and Blood
Eileen and Roelien are not only known as the Blood Sisters because they are biological sisters, but also due to the fact that cleaning bloody crime scenes is their day job. Suicides. Homicides. The most gruesome farm murders. But crime is not always involved. Sometimes the sisters clean up hoarders' homes - often packed to the ceiling with junk - at other times they help to restore damage caused by fire or floods.
Vlees en Bloed
Eileen en Roelien staan nie net as die Bloedsusters bekend omdat hulle biologiese susters is nie, maar ook omdat hulle daagliks bloederige misdaadtonele skoonmaak. Selfdood. Moord. Die heel wreedste plaasmoorde ook. Maar daar is nie altyd misdaad betrokke nie. Soms ruim die susters opgaarders se huise op - dikwels tot die plafon toe volgepak, en ander kere help hulle vloedwaters of 'n brand se skade herstel.
Die AA tot OE van Seks
Wat is die één ding wat vroue verhoed om 'n fantastiese sekslewe te hê? Na dese hoef jy nie langer daaroor te wonder nie. Meer nog: Hierdie boek sal die sluiers voor jou oë wegtrek en jou stap vir stap wys - ja, wys! - hoe jy die heel beste seks kan geniet. Dis 'n oopkop, kaalvuis en loslittige gids tot die mees ekstatiese orgasmes onder die son.
'n Lyf onthou
In hierdie bundel kortverhale kom die liefde, erotiek en seks ter sprake op 'n wyse wat nog selde in Afrikaans gedoen is. Onder die skynbaar alledaagse in hierdie verhale kom sadomasochisme, buite-egtelike verhoudings, seksuele teistering en ander verhoudingsvraagstukke voor; kwessies wat skaars in 'goeie geselskap' bespreek word, word as 't ware van binne uit deur die karakters beleef. Baie dikwels skakel die karakters met mekaar: Iemand wat 'n terloopse verskyning in een verhaal maak, tree as verteller in 'n volgende verhaal op. Op hierdie wyse slaag die skryfster daarin om die kontras tussen die verskuilde verlangens en begeertes van veral vroue en hulle openbare persoonlikheid bloot te lê. 'n Bekwame joernalis word ontbloot as 'n oorwerkte, ooreiste eggenoot, kind en ma; in 'n skynbaar gelukkige huwelik beleef die vrou frustrasie omdat haar man meer in kos as in haar belangstel; vrees dat 'n gestremde kind by die skool geteister word, bring spanning in die huwelik van 'n pastorie-egpaar mee.
bottom of page