Skrywer & joernalis

Riette Rust

Splinternuut! Suid-Afrika se eerste boek oor narsisme 

EK! EK! EK! Herken en hanteer narsiste, die eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse boek oor narsisme, het onlangs by LAPA verskyn.

Kenner- en leserskommentaar

“Omvattend, goed nagevors en insiggewend. Lekker leesstof.” Dr. Joan Swart, forensiese sielkundige

“Nadat ek jou boek gelees het, gaan ek elke dag terug na sekere deeltjies. Daardie boek is vir seker naas my Bybel ‘n lewenshandboek.” E-pos van leser

“Hierdie is ’n genesende boek vir vele verhoudings en harte met praktiese raad en ’n nugter benadering.” – Elize Parker, skrywer en Huisgenoot-rubriekskrywer  

“Haar (Rust se) vermaning en teregwysings is vol empatie; haar riglyne volgbaar. Mense wat met narsistiese werkgewers te make het eweseer as mense wat gevange is in ’n huwelik met ’n narsis.” Kerneels Breytenbach, resensent:  Die Burger

 “Belangrik: Enigiemand wat al aan die ontvangkant van ’n narsis se afkrakende woede en neerhalendheid was, moet asseblief hierdie boek lees.” – Herman Lategan, resensent: Rapport

“Hierdie boek gryp my en ek weet baie ander gaan dit ook verslind. Jou navorsing, jou gevallestudies . . . ek wil net verder lees. Hulle moet dit vir sielkunde-studente aanbeveel.” Carla van der Spuy, skrywer en joernalis

“Ek kan hom (die boek) nie neersit nie. Sjoe, ek bewonder jou ywer en deursettingsvermoë. Dis baie volledig en lees maklik sonder om wetenskaplike waarde te verloor. Ek kan dit vir enigeen aanbeveel. Die boek gaan vir baie, baie mense van hulp wees.” Murray Jooste, sielkundige

 “Vanaf die voorblad en uitstaande titel tot by die volledig nagevorsde bronnelys, is ek beïndruk. Die skrywer kan met reg trots wees om die eerste boek oor narsisme in Suid-Afrika die lig te laat sien. Geluk aan LAPA wat die versiendheid gehad het om dit te publiseer.” – Juliana Coetzer, psigoterapeut en skrywer

 “. . . info on how to hande narcissists would help many of us a great deal, I believe. Especially the part about using the book to find out whether you, youself, are a narcissist. This may be the only way to tell a narcissist that he – or (let’s not be sexist here) she – is a narcissist.” – Shaun de Waal, Mail & Guardian

 “Die drie (narsiste) wat in my geheue ingebrand is, is vroue.” – Elbie Stewart, Facebook

“Darem een goeie ding wat narsiste gedoen het: om te sorg dat jou boek ’n topverkoper is!” Myra Lochner, Facebook

“Ek kon die boek nie neersit nie en wens ek kon talle kopieë in mense se hande plaas.” Etresia van der Walt, Facebook

 “Ek het jou boek oopmond gelees. En gewonder hoe ek al die jare, 22, met so ’n mens oorleef het.” – Mercia Mackenzie, Facebook

unnamed“Tans besig met die boek en dis ’n puik stukkie werk.” – Celeste van der Walt, Facebook

 “Jy het my siel bevry!” – Carina Varkevisser, Facebook

“Dankie dat jy braaf genoeg was om die boek te skryf.” – Amanda Hugo, Facebook

 Bestel by www.lapa.co.za

Riette is ook die skrywer van “Die Aa tot Oe van seks” (2013, Tafelberg), die kortverhaalbundel, “’n Lyf onthou” (Protea, 2012), “Lang bene & lipstiek – Gebruik jou seksualiteit en behaal sukses” (Naledi, 2011) en “Vlees en bloed”/”Flesh and Blood” (LAPA, 2016).